Hierdie artikel het oorspronklik op 18 Junie in Rapport Sake verskyn.
Net 17.4% van die bevolking van 55 miljoen het verlede jaar aan siekefondse behoort. Dit is 9.5 miljoen Suid-Afrikaners teenoor 7.3 miljoen (of 15.9% van die bevolking) in 2002, blyk uit Statisiteke Suid-Afrika se algemene peiling onder huishoudings verlede jaar.
Die hoogste persentasie van individue wat aan mediese skemas behoort het, was is 2013: 18.4% van die bevolking.
Die 2016-peiling wys groot verkille in die verskillende provinsies. Gautengers en Wes-Kapenars het meer medisefondsdekking: onderskeidelik 27.6% en 24.7% van die bevolking. Die laagste persentasie is in Limpopo (9%) en in die Oos-Kaap (9.6%).
Die peiling toon ook dat mense wat in die metropolitaanse gebiede bly, meer geneig is om mediese skemas te hê In die land se aft metro's staan lidmaatskap op 25.9%. Die hoogste persentasie is in Tshwane (33.1%), gevolg deur Kaapstad (28%) en Ekurhuleni (26.2%). Die laagste persentasie (18.7%) was in Buffalo City (Oos-Londen en omstreke) en eThekwini (20.6%).
Al die syfers is hoër as die nasionale gemiddeld.
Wat verille tussen bevolkingsgroepe betref, het wit mense die hoogste persentasie mediesefondsdekking (72.2%), en swart mense die laagste (10.5%).
コメント