Op die dag van Suid Afrika se sesde demokratiese nasionale verkiesing, loop Francois van Zyl in by ‘n luidrugtige Stellenbosch koffiewinkel.
Die tweedejaar BRekLLB student van Maties lyk nie asof die koue, reënweer hom onder kry nie. Hy dra jeans en n dun trui, sonder enige sambreel of reenjas en het n groot glimlag op sy gesig. “Jinne maar ek love hierdie dorp,” sê hy en knik na die ou wit geboue en eiekebome van Dorpstraat.
Met twee - amper drie - van sy eie besighede is Francois ver van die tipiese universitietsstudent.
Hy en sy beste vriend, Urs de Swardt, besit saam die wyn handelsmerk, Beertjie wyn, en die waterlogistieke besigheid, Water Taxi.
Sy passie vir wyn is duidelik; hy begin dadelik te praat oor die Stellenbosch Wynvereniging, waarvan hy ‘n kommitteelid is, se volgende wynproe.
“Ek is lief vir wyn..way te lief vir wyn.”
Terwyl hy praat trek hy elke nou-en-dan sy hande deur sy hare, en glimlag amper vir homself, ‘n binne-pret wat amper aansteeklik is.
Hoe hierdie besighede begin het was “baie toevallig”, sê hy.
“So ek en my vriend, Urs, het saam n besigheid begin einde-matriek wat waterlogistieke gedoen het,” Water Taxi is hierdie besigheid se naam. “Ons het gesien daar is ‘n droogte, ons het gesien ons is albei oppad universiteit toe en ons kort sakgeld. Toe dink ons wat van ons begin ‘n company wat 3 000 liter boorgatwater op n slag by mense se huise gaan aflewer wat dan vir hulle swembaddens en tuine gebruik kan word. Dit het toe redelik suksesvol geraak.”
Uit hierdie waterlogistieke besigheid het die wyn toe begin. Francois moes “designated driver” wees vir se ma en haar vriendinne wat by Deetlefs wynplaas naby Rawsonville gaan wynproe het. Sy ma, soos enige ander trotse ouer, het toe vir die eienaar van die plaas, Kobus Deetlefs, vertel van haar seun se waterbesigheid.
“Hy het seker iets soos potensiaal in my gesien. Hy kom toe na die tyd en gee vir my n bottel wyn en se vir my: ‘Vat hierdie bottel, gaan drink dit met jou vriende en dan laat weet jy my wat jy dink daarvan.
“Die eerste batch van Beertjie was ‘n projek wat hulle wou loots oorsee. Deetlefts doen meestal uitvoerwyne, so hulle is nie regtig gevestig hierso nie. Toe wou hulle n goedkoper wynreeks, ek dink in Switserland of Swede, begin het. Hulle noem toe die reeks Bear necessities - dis hoe die hele beertjie ding ontwikkel het. Maar die hele projek het gefail en hulle sit toe met al hierdie stock wat net in n kelder gesit het.”
“Toe hoor hy Francois is nou hier met sy ‘besigheid skills’,” hy maak aanhalingstekens met sy vingers.
‘n Week later ry hy en Urs weer Rawsonville toe. Deetlefs het die reeks wyn basies vir Francois en Urs gegee om te bemark en verkoop soos hulle lus het.
“Dit het my bietjie onkant gevang. Dis n redelike stresvolle onderneming. Maar ek is n ewige opportunis, so toe dink ek waarom nou nie.”
Waarom nou nie. Hierdie is die houding waarmee Francois meeste van sy take aanpak. Eerder ewige optimis as ewige opportunis.
Maar waar kom hierdie liefde dan vandaan. “My ouers hou van wyn, maar hulle drink nie baie wyn nie.”
“In matriek het my een pel se broer hom geleer om lekker wyn te drink. Hy’t vir hom gesê ‘ek gaan jou nou blootstel aan die lekkerste goeters sodat jy nooit geslosh gaan raak op slegte goeters nie’.. So hy het ons toe gevat na n wynplaas toe, Uva Mira, net na skool. So toe doen ek my eerste wynproe gedoen en, yô! Dit was lekker. Dis seker nogsteeds my gunsteling wynplaas.”
Hy kom oorspronklik van Secunda (“Daardie fantastiese hoekie daarso”), maar het in sy graad 8 jaar Stellenbosch toe getrek waar hy op Paul Roos op skool was.
Die groot manier waarop Beertjie wyn tans verkoop word is koshuisdanse. Hulle het agente wat vir hulle wy verkoop in elke koshuis en dan kommissie verdien.
Hulle verkoop dit vir R35 n bottel, wat alklaar goedkoop is vir n bottel wyn, veral aangesien dit gemaak word van die plaas se duurder druiwe.
Slegs 80 studente word jaarliks gekeur vir BRekLLB, wat ook gesien word as een van die mees uitdagendste kursusse by die Universiteit van Stellenbosch. Boonop sy studies, die Wunvereniging en sy besighede, speel hy ook in n band en is leier van Eendrag manskoshuis se sêr (serenade) groep.
Maar hoe doen hy alles? “Dis nie so bad nie. Ek bedoel, ek is baie besig, ek het nou nie baie af tyd in n dag nie. As ek iets begin doen maak ek dit klaar en dan beweeg ek aan na die volgende ding toe. As jy op net een ding fokus gaan dit eintlik baie vinnig.”
Hy dink nie hy is spesiaal nie. “Meeste tweedejaars kan doen wat ek doen en dit selfs beter doen.”
Hy volg Warren Buffet se 80/20 metode. “Ek is eintlik baie lui. Jy sit net 20% in maar jy hou 80% vir jouself. Hulle se lui mense is die slimste want hulle dink hoe hulle iets gaan klaar gaan kry met die minste moeite so hulle doen dit effektief.”
Hy en Urs is nou besig om hul derde maatskappy, n koffie besigheid, te begin.
“Dis meer van n social impact projek. Dis n village in Indonesië wat baie uitgebuit word en daar’s human trafficking en allerhande sulke goeters. Hulle het nie n behoorlike ekonomiese stimulus nie.
“Hulle het koffie wat hulle plant, en hulle koffie is soos in,” hy wys na die half-gedrinkte flat white voor hom, “dit laat hierdie goed soos kinderspeletjies lyk. Daardie Indo-bone,” hy sug van lekkerte. “Maar hierdie village is so arm dat hulle letterlik hulle kinders moet verkoop.”
Urs se broer het vir werk videos gaan skiet in Indonesië en vir sy broer en Francois vertel van die situasie in dorpies soos hierdie in die land.
“Ons is geinteresseerd in die hart agter die projek, om mense te help. Dit gaan basies daaroor om n ekonomiese stimulus te skep daar. Deur direkte trade sny ons die middel manne uit wat die produseerders uitbyt.
“Die middelmanne is die mense wat die human trafficking ook doen. Hierdie merchants weet hierdie boere het nie geld nie en gebruik dit teen hulle,” dit is klaarblyklik dat hierdie hom pla, die onregverdigheid van die sisteem. Hy raak nie kwaad of dramaties daaromtrent nie, hy se dit feitlik, tog optimisties.
Die twee mans by die tafel langsaan praat oor hoe ontnugter hulle voel deur die verkiesing. Maar hier sit Francois, met n groot glimlag besig om te praat oor die werksgeleenthede wat sy maatskappye skep gaan skep in Suid-Afrika en oorsee, oor sy Muslim kamermaat wat hom leer van ramadan, oor sy liefde vir die Suid-Afrikaanse regstelsel.
Sy groot doel is om, wat hy noem “wynkultuur” terug te bring na Stellenbosch studentelewe, soos dit wat bestaan het toe sy ouers geswot het op Stellenbosch. “Studente drink nie regtig wyn nie en die merderheid hou nie eers daarvan nie. Dis hatseer.”
Hy en sy vriende doen wat hy noem “parkie wyn”. “Ons is nie baie lief vir uitgaan en sulke goeters nie so ons verkies dit om n paar bottels wyn te vat en dan gaan sit ons in n parkie.” Hy spot dat hy gereeld op Google Maps soek vir parke in Stellenbosch.
Die vraag wat hy die moeilikste vind is wat sy gunsteling wyn is. “Kleine Zalze Chenin Blanc, dis solid,” se hy uiteindelik.
“Die groot ding agter ons Beertjie wyn is dat dit regtig goeie kwalitiet wyn is. Die rooiwyn, dis n Shiraz Pinotage blend, en hulle gebruik hulle estate wyn om dit te maak. Om dit in perspektief te stel het ek, met my afslag, n bottel van hulle 2015 Pinotage vir R200 gekoop. Hulle doen ook moeite met die wyn. Dit is nie net hulle oorskiet wyn nie, dit is n hele reeks wat hulle begin het.
Sy besigheidsmodel is maklik: “Dink groot, maar jy moet baie baie klein begin.”
“As n mens logistieke doen vir n lewe leer jy hoe om jou tyd te beplan en probleme uit te sorteer.”
Hy sien alle probleme as n bietjie van n mis-hap en n kans om te leer, eerder as ‘n inconvinience. Byvoorbeeld toe ‘n MyCiti bus oor een van die waterpompe wat hulle besig was m te installeer gery het. “Jy staan daar is Camps baai besig om met hierdie prestige tannetjie te praat wat daar by haar huis steen en so gelukkig is want haar swembad gaan weer vol wees en die volgende oomblik ry daar n MyCiti bus oor die pomp reg voor julle. Genugtig,” hy lag. “Jy leer hoe om dit te doen.”
Comments